FOKOFPOLISIEKAR


Afgesonder Lyrics

Skerp Afrika-son wat klop op my rug
Panga-woorde wat op my oerwoud ore val

Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Ek het die harde manier geleer
Ek kyk weer na die horison
Weet waar my vreugde vandaan kom
Dit is moeiliker om 'n kind groot te maak
As om grootmens te speel

By die suidpunt, by die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld af gesny

By die suidpunt, by die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld af gesny

Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Vertrou niemand nie

My onkunde is dalk my kruis
Ruggraat in die sitkamer verloor
Baklei en skree oor en oor
Dit is makliker om kinders te maak
As om grootmens te speel
By die suidpunt, by die see
Leef ons afgesonder
Van die wêreld af gesny

Hou 'n oop gemoed
Ek sê vertrou niemand nie
Dit is veiliger hier
Minder misdaad, meer vakansieoord
Werklik 'n wêreldklas stad
Met wêreldklas kak
Hierdie bubble gaan bars

Hierdie bubble gaan bars

Hottest Lyrics with Videos
5598560c33ad8017e1b73292592cecff

check amazon for Afgesonder mp3 download
these lyrics are submitted by gsba3
Record Label(s): 2017 Punkskelm Records
Official lyrics by

Rate Afgesonder by Fokofpolisiekar (current rating: 8)
12345678910
Meaning to "Afgesonder" song lyrics
captcha
Characters count : / 50
Latest Posts