Verse 1
Ek sê nie baie tog bly die vraag....
Die stem van ons vaders fluister... waar?
Ons taal word vermoor, ons storie vergeet,
Te lank het ons geswig, maar nou maak ons gereed.
Pre Chorus
Hoor jy die seer in ons asem, 'n stem uit die blou,
Luister die geroep - van ons stemme ... rou.
Chorus
Jy probeer die ligin ons te doof,
Die rou in ons bloed, Ons dade, Ons geloof.
Ons kom uit die storms deur waters en sand,
Ons bou uit die asmet ons stemme wat brand
Verse 2
Hoor ons vaders se bloed dit roep uit die grond,
In elke windvlaag se vlaktedeur elke kleinkind se mond.
elke erfgenaam van gisterbou aan hierdie land.
'n Kultuur verewig in Zuid Afrika se sand.
Bridge
Geen masker dra ek meer want ek is klaar daarmee,
Ek dra my eie taal — my seer — my stem met eer.
Ek is nie 'n gefluister in jou skadu se hoek,
Ek is die stem van ons volk wat die waarheid ontmoet!
Pre Chorus
Hoor jy die seer in ons asem, 'n stem uit die blou,
Luister na die geroep - van ons stemme rou.
Chorus
Jy probeer die ligin ons te doof,
Die rou in ons bloed, Ons dade, Ons geloof.
Ons kom uit die storms deur waters en sand,
Ons bou uit die asmet ons stemme wat brand
Outro
'n Afrikaner verewig, en wat altyd bly staan.
Vir 'n honderd jaar gewen en sal 'n honderd jaar daarna.