play youtube video
Toe Stop My Hart
Lianie May
Bonnie En Clyde

LIANIE MAY


Toe Stop My Hart Lyrics

Dialoog:
J: Hei...
L: Ek het nie gedink jy gaan kom nie.
J: Ek het mos gesê ek sal altyd daar wees. By wie’t jy gehoor ek’s uit?
L: Jou ma. Ek het haar by Checkers gekry. Sy’t gesê hulle’t jou vrygelaat.
J: Ja. Dankie vir die werk.
L: Dankie vir jou. Die perde het iemand nodig wat weet wat hy doen. Ek hoop nie jy gee om nie maar
ek het vir jou ‘n bed in die skuur gemaak.
J: Nee geen probleem nie. Ek moet in elk geval vanaand die perde gaan harnas.
L: Goed dan sien ek jou môre-oggend.
J: Ek het jou gemis.
L: Ek ook. Maar liefde is nie altyd genoeg nie.
J: Ek weet ek het foute gemaak. Mens kan mos nie alles net so weggooi nie.
L: Hierdie gaan nie werk nie.
J: Ek’s jammer. Ek sal net met die perde klaarmaak, dan sal ek gaan.

Vers 1
L: Ek het gedroom van ‘n plek
waar die son nooit gaan set.
Jy was daar in ‘n tronk
en ek moes jou kom red,
my babie, met als wat ek het, my babie.

J: En ek mis jou vanaand
in hierdie hel van ‘n plek,
mis jou te veel om te sê.
Ek voel ‘n mes teen my nek
en my asem raak min, my babie.
Ek vra jou maak gou, my babie.

Refrein: Toe stop my hart.
Toe stop my hart by jou.
Ek het ver geloop vir jou.
Ek het lief geword vir jou
en in my hart is daar ‘n plek gehou.
Ek sal vir jou alles gee.
Ek sal jou trane wegvee.
Dit alles vir jou.

Vers 2
J: Daar was te veel om te sê,
te veel wat jy nie wil weet.
Maar spyt kom altyd te laat.
Ek sou jou nooit kon vergeet.
As ek alles kon terugdraai, babie,
sou ek my wou terugwaai, babie,

L: tot hier by my, soos dit was,
waar ons ‘n lewe kon bou,
waar ek jou styf vas kon hou.
Maar dis nou flenters en rou.
Op jou sal ek nooit kan opgee, babie.
Dit belowe ek jou, my babie.

Refrein

Brug: Want elke tree saam met jou, my babie,
los ons al die seer agter ons, babie.

Refrein

Watch Lianie May Toe Stop My Hart video
Hottest Lyrics with Videos
a8d8ad0cf3d9b6f5e555db4f1e2da17d

check amazon for Toe Stop My Hart mp3 download
these lyrics are submitted by Mevrou Nel
Record Label(s): 2009 Coleske Artists
Official lyrics by

Rate Toe Stop My Hart by Lianie May (current rating: 8.50)
12345678910
Meaning to "Toe Stop My Hart" song lyrics
captcha
Characters count : / 50
Latest Posts