FOKOFPOLISIEKAR


Lied Van Die Slang Lyrics

O, hel
Hel is om alleen te wees
Hel is om mekaar te vrees
Hel is om oud te raak en om genadedood te smeek

Wrakke wat wag
Soos skepe in die nag

Om buite te wees
Dis beter om buite te wees
Beter as binne, waar goed kan breek
Dis beter om buite jouself te wees

Uiteindelik kompos
Ons stoot die daisies op
Neem kamertemperatuur aan
Waarheen het die tyd gegaan?

Ja, die aarde is my graf
Geboue my grafsteen
Ek het ontstaan met die skepping
Ja, ek is in elkeen

Ons gaan in rye staan
Burokratiese hiernamaals
O, hel
Hel is om kwaad te gaan slaap
Hel is haat koester in jou hart
Hart kruip kanker
Sluip serpentyn
Gaan my kop teen die stuurwiel stukkend kap

Uiteindelik kompos
Ons stoot die daisies op
Neem kamertemperatuur aan
Waarheen het die tyd gegaan?

Ja, die aarde is my graf
Geboue my grafsteen
Ek het ontstaan met die skepping
Ja, ek is in elkeen

Voor die hemelpoorte oopgaan
Gaan ons in rye staan:
Wrakke wat wag
Soos skepe in die nag

Die lig gebring
Die pad gewys
Ons leer sing
En ons leer skryf
Hy is in jou
Hy is in my
Die duiwel is in die detail

Die lig gebring
Die pad gewys
Ons leer sing
En ons leer skryf
Hy is in jou
Hy is in my

Die duiwel is in die detail

Watch Fokofpolisiekar Lied Van Die Slang video
Hottest Lyrics with Videos
8da88a8f9597e14696fc022fc6296e02

check amazon for Lied Van Die Slang mp3 download
these lyrics are submitted by gsba3
Record Label(s): 2017 Punkskelm Records
Official lyrics by

Rate Lied Van Die Slang by Fokofpolisiekar (current rating: 7.67)
12345678910
Meaning to "Lied Van Die Slang" song lyrics
captcha
Characters count : / 50
Latest Posts