FOKOFPOLISIEKAR


B2cy Lyrics

In Bellville op die strate
Niks om te doen op Woensdae-aande
Ek het gesê ek sal nie kak aanjaag nie
Lê my kop neer, wil nie ophou raas nie

Dit was Woensdagaand 27 April 1994
Hy was 13 jaar oud
Naïef en onbewus, maar ja

Jy behoort te weet jy kon my enige tyd
In die middel van die nag, by die vulstasie kry
Een leë coke bottel vol petrol
Vlam-pentagram, skool-sportgrond

Band-name, knipmes, skoolbank
Daar was verandering in die lug
Die velkleur van beheer was die enigste verandering

Harde negatiewe musiek
Het my lewe gered (het my lewe gered)
Dit hou my kalm soos 'n landmyn. Ek bly
Nou's ek stil soos 'n bom (ek bly stil soos 'n bom)

Ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie
En my ontwikkeling is onder huisarres
Ons naai en suip net nie meer in parkies nie
En gaan net kerk toe as daar begrafnis is

Band-name, knipmes, skoolbank:
Dit sal nogsteeds daar wees
Onder al die vernis
Verandering is die enigste konstante

Harde negatiewe musiek
Het my lewe gered (het my lewe gered)
Dit hou my kalm, soos 'n landmyn. Ek bly
Nou's ek stil soos 'n bom (ek bly stil soos 'n bom)

Die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte
Agter in tuine buig slap gerookte nekke in wendy-huise vooroor
Tussen die gras wat kniehoogte is wat maagdevliese soos knipmesse insluk
Is daar niks om te doen in Bellville nie?

In Bellville op die strate
Niks om te doen op Woensdae-aande

Hottest Lyrics with Videos
d2acfdb8a2d8d64127979e7394ea376a

check amazon for B2cy mp3 download
these lyrics are submitted by gsba3
Record Label(s): 2017 Punkskelm Records
Official lyrics by

Rate B2cy by Fokofpolisiekar (current rating: 7.71)
12345678910
Meaning to "B2cy" song lyrics
captcha
Characters count : / 50
Latest Posts